Never get lost again….
Trailforks is a wonderlike toep ( ja, dis wat hulle ‘n app in Afrikaans noem) vir enige “trail sport”. In ons geval is dit vir bergfiets roetes. Volgense hulle informasie is daar reeds 8,904 trails NET in Suid Afrika, op die toep.
Die detail en opsies is rerig moeilik om te verduidelik aangesien daar so baie opsies is en soveel detail.
As jy die toep oopmaak sien jy die kaart opsie soos hieronder. As jy dan op een van die roetes kliek, dan kry mens die oorsig, soos by die Hermanus Trails. Jy het dan ook die opsie om “layers” te sien van Strava segmente tot en met hitte kaarte.
Wat ook lekker met idie “discover” opsie is om net na foto’s te kyk van verskeie roetes. As jy dan een van daai fotos kies, vat dit jou na daardie spesifieke roete. Dan is daar ook “events” soos mens kan sien met die absa CAPE EPIC hierionder.
Al wat nou oorbly is om ons roetes daarop te kry.
So, laai die toep af, laai jou foon vol en kry een van die roetes op rekord. Neem ook fotos langs die pad en sit natuurlik die roete se naam by. Jy kry 7 dae gratis. Die fooi vir een jaar beloop R 249,99 en ek glo dis rerig die moeite werd. Laat ons weet waneer jy dit uitgetoets het.